18 Augustus 2010

Post date: 13-Sep-2010 19:05:58

Beste Ouers

1) Vrydagaand: 20 Augustus

Spanbyeenkoms om 18:00 tot 19:00

2) PD Spesialisasie-dag: 4 September

Alle gr 1- gr 6'e. Sluitingsdatum vir inskrywings: 20 Augustus.

Ek heg weer die vorm aan.

Jeuglede: R40.00

Offisiere: R35.00 (daar is geen vorm vir julle nie)

Onthou die vooraf werk wat gedoen moet word. Vra die offisier vir hulp indien nodig.

3) Verkenner aksiedag en sokkie: 3/4  September

Sluitingsdatum vir inskrywings: 20 Augustus

4) Gr 10 Gebiedskamp:

Sluitingsdatum vir inskrywings: 20 Augustus

5) Bywoning van aktiwiteite

Onthou: Alle nuwe lede moet geregistreer wees om aan die Gebiedsaktiwitiete deel te neem. Dws die aansoekvorm en ledegeld moet by die kommando ingegee wees.  

6) Barnyard

Op Saterdag, 9 Oktober 2010 hou ons ‘n fondsinsameling vir die kommando by Barnyard.

Vertoning: Absolute 80’s ! Kom herleef weer jou jeug en al die lekker herinneringe van die "jong dae".

Kaartjies teen R120 sal beskikbaar wees vanaf Vrydagaand.

Dit beloof om ‘n wonderlike aand te wees. Die hele boonste vlak is vir ons gereserveer.

Groete tot volgende week

 

Hannalene Swart