12 Augustus 2010
Post date: 13-Sep-2010 19:04:28
Beste Ouers
(Laat weet my asb indien u van die verspreidingslys verwyder moet word.)
Jammer dat my Woensdag-briefie nou nie op tyd was nie, maar die brongitis het my nou vir 2 weke plat gehad, maar hier is ek nou weer.
1) Vrydagaand: 13 Augustus
Spanbyeenkoms om 18:00 tot 19:00
Die kerk verkoop heerlike eetgoed, so gaan loer in by die bo-vertrek. Ek heg hulle pamflet vir julle aan.
2) PD Spesialisasie-dag: 4 September
Alle gr 1- gr 6'e. Moenie hierdie dag misloop nie! Sluitingsdatum vir inskrywings: 20 Augustus.
(Vorms versend op 21/07)
Spanoffisiere: Onthou - julle moet ook inskryf.
3) Verkenner aksiedag en sokkie: 4/5 September
Dis nou groot pret vir die hoërskool kinders! Hou julle eposse dop - julle spanoffisier sal die nodige info aanstuur.
4) Gebiedskamp inskrywings: September skoolvakansie
Al die gr 6 - gr 11's het al vorms gekry. Daar is avontuur van elke soort waaraan mens kan dink!
Groete tot volgende week
Hannalene Swart