20 Sep 2012

Post date: 23-Jan-2013 20:32:47

Beste ouers

1) Vrydag: 21 September

Agv die langnaweek sal daar geen spanbyeenkomste wees nie.

2) Spesialisasie- naweke: Gr 3-5

Graad 3: Junior Godsdiens (13/14 Okt)

Graad 4: Gestremdhede (12/13 Okt)

Graad 5: Ekosorg (19/20 Okt)

Die vorms is reeds aan die span-offisier versprei word. Gelde kan in die kommandorekening inbetaal word.

Sluitingsdatum: 27 September 2012 by die offisier

3) Verkenner Nagmars:

20/21 Oktober (Let wel - die datum het verander)

Alle gr 8-gr 12’s - moenie hierdie groot pret misloop nie!

Vorms is reeds versprei. Sluitingsdatum 28 September 2012

4) Penkop/ Drawwertjie spesialisasienaweek: Verlore goedere

Daar het baie goedere wat nie gemerk was nie, agtergebly. Laat weet asb indien julle iets vermis sodat ons kan navraag doen. (Dit gaan binnekort vir minder bevoorregtes gskenk word).

5) Inskrywingsgelde:

Alle gelde kan in die kommando se rekening inbetaal word:

Kanonkop, ABSA, Tjekrekening 1450940026 met die kind se naam as verwysing

LW: 'n Inskrywing is slegs geldig indien die vorm en geld in ons besit is. (Laat inskrywings is onderworpe aan boetes).

6) Voorslagtoetsing:

Ons graad 7's gaan gedurende die skoolvakansie hulle Voorslagtoetsing deurloop. Die Voorslagtoekenning is die hoogste toekenning wat 'n laerskool leerder in Die Voortrekkers kan verwerf. Ons wens hulle baie sterkte toe.

Groete tot volgende kwartaal

Hannalene

Die Voortrekkers Kanonkop