9 Februarie 2011

Post date: 28-Jul-2011 13:54:10

Beste Ouers en Kinders

Ons het baie nuwe ouers, so net om almal weer op hoogte te bring: Ons stuur Woensdae kommunikasie uit oor al die lekker aktiwitiete wat voorlê en sommer ook om die administratiewe reëlings vir die week deur te gee.  

1) Potjiekos-kompetisie: 11 Februarie 2011

Ek hoor 'n vreeslike gezoem onder die offisiere en kinders oor elkeen se wenresep wat gebruik gaan word. Mag die beste span wen!

Die kleinspanne tot graad 2 kompeteer apart teen mekaar om te kyk wie maak die lekkerste stokbrood en wors.  

Waar: Bellville Oom Vossie se spankamers (gaan direk soontoe)

Tyd: 17:00 tot 21:00

Hoe kom ek daar?

2) Pretloop/ Boeresport: 12 Februarie 2011

Ons kommando is hierdie jaar 35 jaar oud en om die geleentheid te vier, doen ons Saterdag-oggend 'n pretloop van 3.5 km om die bloed lekker aan die pomp te kry.

Wie: Soveel vriende en familie as wat jy bymekaar kan kry

Waar: Laerskool Bastion ( boonste veld - hek in Tulipstraat)

Inskrywings: Vanaf 7:00 tot 7:45

Wegspring: 08:00

Boeresport:

Na afloop van die pretloop en prysuitdeling word daar heerlike boeresport gespeel.

Kom wys jou staal met speletjies soos toutrek en drie-been-resies! Ma's en pa's ook welkom.    

Ek hoor van geurige koffie, warm brakke , koue koeldrank en soet koekies wat verkoop gaan word. Mmmm, klink lekker.  

3)Ledegeld:

Graad R: R80.00

Gr 1 - gr 12: R440 pp

Ledegeld kan in die vlg rekening betaal word:

Kanonkop Voortrekkers

ABSA

Tjekrekening: 1450940026

Die inbetalingsbewys kan aan Jorina Minnie gestuur word: Jorina@jpce.co.za

4) Werksboekies/ Hempies:

Ek het 'n besending hempies ontvang. Kinders ongeveer R85, Volwassenes ongeveer R95 - afhangende van die grootte. Ek sal dit Vrydagaand saambring.  

Graad 2/3 en 5 se werksboekies is uit voorraad, maar ons sal uitdeel sodra dit  beskikbaar is.

5) Vlotvaart op die Bergrivier: 5 Maart

Die Verkenners ( Gr 8 - 12) het reeds hulle vorms ontvang. Onthou - daar is net plek vir 12! Spring dus om jou plek te verseker.

6) Dansmarathon by Kraaifontein kommando:25 Februarie

Vir die van julle met laaaaaang asems: Gaan dans vir jou 'n medalje los!

Sien die meegaande inligtingsbrief.  

Groete

Hannalene Swart