25 Februarie 2015

Post date: 05-Mar-2015 05:43:31

Beste ouers

1) Spanbyeenkoms Vrydag 27 Februarie 2015

Plek: NG Kerk Proteahoogte

Tyd 18:00 – 19:00

Drag: Voortrekker golfhempie, jean en erkenningsbaadjie

Ons gaan vlg week weer ‘n bestelling by die depot plaas, so maak asb ‘n draai en kom bestel wat jy nodig het.

Die erkenningsbaadjies word gemaak deur die vlg 2 dames, so kontak hulle vir ‘n afspraak:

Elaine Hattingh - 083 564 3346 Brackenstraat 103

of

Johmine Doubell – 981 3650/ 0828199244, Leliestr 11

(Die nuwe kinders het nog uitstel tot die begin van die 2de kwartaal om die baadjies aan te skaf)

2) Aktiwiteite:

Slegs geregistreerde lede mag aan die Gebieds-aktiwiteite deelneem!

Kampinskrywings reeds versprei:

Gr 6: Sterrekunde

Gr 7: Medemens

Verkenners (gr 8-12): Jeugberaad

Laat weet asb indien julle nie die vorms ontvang het nie sodat ons dit kan aanstuur.

3) Weggooi produkte:

Baie dankie vir al die afdrukpapier bokse, koffiepotte en blikke wat ons ontvang! Hou so aan.

Groete tot Vrydagaand

Hannalene