12 Oktober 2011

Post date: 07-Feb-2012 20:30:12

Beste ouers,

Baie welkom in die laaste pylvak van die jaar! Hiervandaan sien ons almal net uit na 'n heerlike vakansie die einde van die jaar.

1) Spanbyeenkoms: Vrydag 14 Oktober

18:00 tot 19:00 by NGKerk Proteahoogte

Ons versoek asb dat al die Verkenners ( gr8-12) asb daar sal wees aangesien die kommandojeugleier vir 2012 verkies gaan word.

2) Sluitingsdatum vir aktiwiteite:

Gr 4 Gestremdhede: 14 Okt - R75.00

Gr 5 Ekosorg: 14 Okt - R75.00

Gr 6 Gedenkwaardighede: 21 Okt - R75.00

Gelde kan in ons bankrekening inbetaal word:

Kanonkop

ABSA Tjekrekening 1450940026

3) Jaarafsluiting 28 Oktober 2011

Waar: NG Kerk Proteahoogte

Tyd: 19:00

Drag: Formele Voortrekkerdrag vir die Voortrekkerlede

Tydens hierdie geleentheid gaan die nuwe kinders wat nog nie ingelyf is nie, ingelyf word. Gesels asb met jou kind se offisier om seker te maak hulle kleredrag is reg.

4) Bestellings:

Ons laaste bestelling vanaf depot word op 17 Oktober gedoen.

Laat weet my asb teen Vrydag 14 Oktober indien u kind enige items benodig tov hul kleredrag.

Groete

Hannalene Swart