Kanonkop groet die grotman

Post date: 04-Mar-2014 20:57:03

Die Voortrekkers Verken en Leer (Ondergronds): Die Hoërskool Voortrekkers van Kanonkop in Brackenfell het verlede week hul eerste kamp van die jaar gehad. Tydens die kamp by De Kelders in Gansbaai het hulle verskeie grotte besoek en ook die voorreg gehad het om in die enigste varswater swemgrot in Afrika te kon swem. Terselfdertyd het hul meer geleer van rots-, sand-, en grot formasies. Op die foto wat in die donker geneem is, is agter (vlnr) Jean Paul Louw, Jason Knell , Marthinus Swart, Liam Doubell en Stefan Janse van Rensburg en voor (vlnr) Narusa Doubell, Janno Maree, Dian van Bergen, Lindie Bernhardt, en Marijke Marais.