2 Junie 2010

Post date: 27-Jul-2010 15:18:15

Beste ouers

Nou ja, hier staan ons weer aan die einde van 'n kwartaal!

Vir oulaas:

1) Afsluiting: Vrydagaand 4 Junie

Onthou ons vetkoekverkope! Julle kan 'n bestelling plaas by Bea Bezuidenhout - sms na 083 298 5277.

Sperdatum vir besprekings: Donderdagoggend 11:00. Bestellings kan Vrydagaand om 17:30 afgehaal word.

Kerrievetkoek: R10.00

Plain : R5.00

Die kerk het Vrydagaand 'n ete aan, so ons gebruik die boonste lokaal (Gebruik die trap links van die voordeur). Parkeer maar asb op die parkeerplekke verste van die hoofingang.

Almal in Voortrekkerdrag: Jean, blou Voortrekker hempie en onderbaadjie.

Tyd: 17:45 tot 18:30

2) Graad 1-fondsinsameling: Dans - 11 Junie

Moenie die lekker geleentheid misloop nie.

Waar: Ossie Theron saal by Hoërskool Brackenfell

Wanneer: 11 Junie ,19:00 tot 24:00

Koste: R100.00 pp

Bring jou eie ete en drinke.

Vooraf optrede deur Amoré - die hoofvertoning deur Andries Vermeulen.

Kaartjies: kontak Christo (0832756226) of Judy (072 220 8120)

3) Jeugdag: 16 Junie

Ons wil graag Brackenfell se natuurtuin besoek op hierdie dag. Bekyk solank u dagboek en hou die oggend oop vir n lekker gesins-piekniek. Meer inligting volg later.

4) Verkenners: WinterWaterWerkeKamp: 13 - 18 Junie

Verkenners - Mag Theewaterskloofdam se water hierdie jaar 'n bietjie warmer wees en mag daar nie weer so baie sneeu op die berge wees nie.

Anker maar daai tente goed vas. Geniet dit!

Ouers, geniet julle vakansie en ry veilig.

Hannalene Swart