16/06/2018

Post date: 13-Jun-2018 05:23:44

Beste ouers

1) Gemeenskapprojek:

Baie dankie! Ons kon gisteraand 50 pare sokkies tot die bydraes voeg, en ons het ‘n wonderlike skenking van ‘n ouetehuis ontvang vir 37pragtige truitjies. Baie dankie vir die mamma wat dit vir ons moontlik gemaak het.

2) Spanbyeenkoms: Vrydag 15 Junie 2018

Plek: NG Kerk Proteahoogte

Tyd 18:00 – 19:00

Drag: Blou Voortrekker golfhempie, erkenningsbaadjie en blou jean

Hierdie is ons laaste byeenkoms vir die kwartaal.

3) Oord Kaapstad Jeugdag vieringe:

Op Saterdag 16 Junie 2018 om 09h00 is daar ‘n Pretloop.

Registrasie: Laerskool Aristea, Brighton Weg, Kraaifontein vanaf 08h00

Kostes hieraan verbonde is R20 en ‘n koekie seep.

Almal is welkom – vriende, familie en viervoetiges aan ‘n leiband.

Wegspring sal om 09h00 geskied en die roete is veilig, met voldoende beamptes en strek oor ‘n afstand van ongeveer 5km.

Die eerste 100 persone wat die pretloop voltooi ontvang erkenning.

4) Warm baadjies:

Daar is nog ‘n paar bestelde baadjies by my. Kom tel dit asb Vrydagaand op. Bring net die betalingsbewys saam.

5) Kentekens:

Ek heg vir julle die aanwerkinstruksies aan oor hoe die kentekens op die erkenningsbaadjie aangebring moet word. Kom vra as julle onseker is en dan help ons.

Groete

Hannalene