Brackenfell op die  Berg

Post date: 04-Mar-2014 21:04:35

Die Flaminke span van Die Voortrekkers Kanonkop in Brackenfell het die afgelope naweek verskeie ander spanne uitgestof om na ‘n nag van vlotbou en 10 kilometer se roei op die Bergrivier, die tweede dogterspan te wees om die jaarlikse Wes-Kaapse Voortrekkers kompetise vlotvaart te voltooi by Velddrift.  Op die foto van links na regs: Lindie Bernhardt; Tanya Van der Merwe; Janneke Swart; Lisa Jansen van Rensburg; Marzelle Bosman en Marijke Marais.  Die dogters moet hul eie vlot met dromme, pale en tou bou.  Die bouwerk en die lang roei na Velddrift skep baie geleentheid om meer te leer van spanwerk, leierskap en uithouvermoeë.