15 Maart 2012

Post date: 15-Mar-2012 06:28:10

Beste ouers

Kan julle glo - ons staan aan die einde van die eerste kwartaal! Vrydagaand is ons laaste byeenkoms voor die vakansie.

Aan al die kinders wat in die vakansie op die Penkop/ Drawwertjie Gebiedskamp gaan - Geniet dit!

Aan die Gr 12 Verkenners wat op die Bakenkamp gaan - Baie sterkte met julle Hoofleierswag/ Presidentverkenner voorbereiding.

1) Spanbyeenkoms: Vrydag 16 Maart 2012

Tyd: 18:00-19:00

NG Kerk Proteahoogte

2) Kommando-uitstappie 14 April 2012

Moenie vergeet om nou al die uitstappie op jou kalender aan te teken nie.

Meer inligting volg later.

3) Verkenner Bakgatkamp: 27-29 April 2012 ( Gr 8-12)

Kom kuier saam op Proteaplaas - www.proteafarm.co.za

Klik op die skakel om die vorm af te laai. Bakgatkamp vorm

Sluitingsdatum: 16 Maart 2012.

Bring al jou maats! Ons moet teen Vrydagaand ten minste 20 ingeskrewe kampeerders hê om die kamp moontlik te maak!

4) Onderbaadjies:

Die Voortrekker-onderbaadjies kan by Johmine Doubell bestel word.

Kontak haar vir 'n afspraak op 021 981 3650/ 0828199244.

Koste beloop vanaf R55 afhangende van die grootte van die baadjie.

Die kentekens wat daarop aangebring word kos R40 vir die basiese stel. Dit kan op 'n Vrydagaand by my bestel word.

Klik op die skakel vir die aanwerkinstruksies. Vorms