1 September 2010

Post date: 13-Sep-2010 19:10:31

Beste ouers

1) Vrydag 3 September:

Byeenkoms: 18:00 - 19:00. Daantjie Kat kom vir ons kuier, so moenie dit misloop nie!

2) Pasteie:

As iemand nog pasteie wil bestel, kan julle voor 13:00 'n epos aan Renier rig by rbotha3@pioneerfoods.co.za

Koste R7.00 elk, Steak en Kidney, pepper steak, steak

Aflewering Vrydagaand

3) Gemeenskapprojek:

Ondersteun asb ons projek in samewerking met die SAP. Donasies van die volgende items sal waardeer word:

Tandeborsel

Tandepasta

Seep

Shampoo

Waslappie

Lekkers

Sappie

Dit kan Vrydagaand by my afgegee word.

4) Gr 6 en gr 7 Gebiedskampe:

Sluitingsdatum: 3 September 2010

(verpligtend vir die graad 7's wat vir die Voorslagtoetsing ingeskryf is)

NB: Ons moet die geld en die vorm hê om 'n te skryf.   

5) Barnyard: 9 Oktober 2010

Die kaartjies verkoop soos soetkoek! Spring as jy nog 'n sitplekkie wil he.

Absolute 80's

R120.00 per kaartjie

6) Onderbaadjies:

Onderbaadjies kan by Johmine Doubell bestel word. Kontak haar vir n afspraak by 981 3650.

Die kentekens is by my beskikbaar teen R37.00 per pakkie.

7) Spesialisasiedag: 4 September

Ons benodig nog vervoer vir Saterdag, so as daar ouers is wat kan help, moet julle asb dringend vir Suzette Botha laat weet: suzette124@vodamail.co.za

Almal kom om 7:00 Saterdagoggend by die kerk bymekaar. Ons vertrek weer om 17:30 van Wemmershoek af om so van 18:15 af terug te wees by die kerk

Drag: Volledige Voortrekkerdrag (golfhempie, denim en erkenningsbaadjie vir die wat het.)

Bring saam: Bordesak en take soos uiteengesit per graadgroep.

Dis maar lank na teetyd toe, so maak asb seker dat die kinders ontbyt eet, of pak maar 'n broodjie in.

Groete

Hannalene