07 Maart 2014

Post date: 05-Mar-2014 17:14:50

Beste ouers

Het julle gesien? Kanonkop is alweer in die Tygerburger! Dinge gebeur hier.

Baie geluk aan ons 3 vlotte die afgelope naweek op Velddrif:

Gr 9 Flaminke met 2de plek in die dogters afdeling (Foto op die voorblad van ons webwerf)

Die Klein Kanonne met hul 3de plek in die gemengde afdeling

Die Groot Kanonne (volwassenes) vir hul uithou en aanhou vermoë …

1) Spanbyeenkoms Vrydag 7 Maart 2014

Plek: NG Kerk Proteahoogte

Tyd 18:00 – 19:00

Drag: Voortrekker golfhempie en jean

Aan die Gr 1-3 tjies wat ingeskryf het : Geniet Saterdag julle uitstappie Wemmershoek toe.

Vir die gr 4- 7 tjies met hulle oorslaap/ naweek kampe : Ek hoop dis ‘n fees

2) Finansies:

Aan almal wat ledegeld afbetaal: Ten minste 50% ledegeld moet asb teen einde Februarie betaal wees tensy anders gereël met Jorina Minnie (jorina@jpce.co.za).

Laaste paaiement einde April.

Kanonkop Voortrekkers

ABSA

Tjekrekening 1450940026

Naam en van as verwysing

Sover moontlik EFT betalings asb.

3) Penkop/ Drawwertjie Gebiedskamp: 29 Maart tot 1 April 2014 (in die skoolvakansie)

Wie: Alle gr 3- gr 7’s

Sluitingsdatum: 7 Maart

1) Jy moet ‘n geregistreerde lid wees (maw jy moet n lidnr hê)

2) Ten minste 50% ledegeld moet betaal wees

3) Jou inskrywingsvorm sowel as die betalingsbewys moet na die spanoffisier gestuur word. As beide nie op 7 Maart daar is nie, geld die laat inskrywingsfooi.

Klik op die link as jy nog nie die vorms ontvang het nie:

PD Kamp inskrywing en ouerbrief: PD Kamp

4) Verkenner jeugberaad:

Vorms is reeds versprei. Sluitingsdatum 14 Maart

5) Vleisprodukte:

Die produkte kom almal in 500g pakkies wat verkoop word teen R25-00 per pakkie.

Ø Kanonkop Fakkel Wors – ‘n medium dikte boerewors wat veral geskik is vir boerewors rolle.

Ø Kanonkop Wawiel Burger – 5 x 100g hamburger patties per pakkie.

Ø Kanonkop Stokkieskiep Sosaties – 4 hoender sosaties per pakkie beskikbaar in die volgende marinades. Barbaque -Honey Mustard - Sweet Chilli – Kerrie - Peri peri - Lemon & Herb - Mango Chutney – Tangy.

Ø

Volgende bestellings afsnypunt is Vrydag 7 Maart 2014 en bestellings kan dan afgehaal word op Vrydag 14 Maart 2014.

Plaas bestellings per kerende epos, of sms Paul by 0836456459.