10 Okt 2012

Post date: 23-Jan-2013 20:34:07

Beste Ouers

Ongelooflik…en hier is ons nou in die laaste pylvak van die jaar!

1) Vrydagaand 12 Oktober 2012

Spanbyeenkoms om 18:00 – 19:00 by NG Kerk Proteahoogte

Drag: Jean, blou Voortrekkerhempie en erkenningsbaadjie

Aan al die gr 3’s (Junior Godsdiens spesialisasie) en 4’s ( Gestremdhede spesialisasie) wat die naweek kamp – Geniet dit!

2) Kwartaalprogram:

3) Inlywing:

Tydens ons jaar-afsluiting word alle nuwe lede, graad 1’s en graad 8’s ingelyf by die Voortrekkers. Tydens hierdie geleentheid word slegs formele Voortrekkerdrag gedra (verpligtend). (Nog nie verpligtend vir Graad R'e).

Penkop/Drawwertjies: Blou golfhemp, jean en erkenningsbaadjie.

Verkenner dogters: Wit hemp, erkenningsbaadjie, navy blou materiaal broek (NIE jean) of romp en blou tantinie.

Verkenner seuns: Wit hemp, erkenningsbaadjie, blou Voortrekker das en grys skool langbroek.

Die erkenningsbaadjies word slegs op bestelling gemaak by Johmine Doubell (Leliestraat 11). Kontak haar vir ‘n afspraak by 981 3650. Die standaard kentekens wat op die baadjie moet kom, kan by my bestel word teen R40.00 per stel.

Bestel asb betyds!

4) Die Voortrekkers se administrasiestelsel:

Ek wil net alle ouers wat nog nie registreer het nie, vra om asb so te doen. Van vlg jaar af gaan alle inskrywings vir aktiwiteite elektronies gedoen word en as jy nie geregistreer is nie, sal jy nie kan inskryf nie.

Gebruik die gebruikerskode en “password” soos wat vroëer vanjaar aan julle gestuur is.

Groete

Hannalene

Die Voortrekkers Kanonkop