20/01/2017

Post date: 19-Jan-2017 17:02:11

Beste ouers

 

Was dit nou nie lekker om Vrydagaand soveel opgewonde kinders te sien nie! Baie welkom aan al die nuwe maats.

 1) Spanbyeenkoms Vrydag 20 Januarie 2017

Plek: NG Kerk Proteahoogte

Tyd 18:00 – 19:00

Drag: Blou Voortrekker golfhempie en jean   

 Kinders wat nie die afsluiting kon bywoon nie, kan hulle sertifikate by Ontvangs kom haal. 

 Vreeslik dankie aan die ouers wat hulle hulp vir spanne kom aanbied het. Ons waardeer dit opreg.

Ons kort nog hulp by die vlg groepe:

 Graad 4 seuns

Graad 6 seuns en dogters

Graad 8 seuns

 2) Lidmaatskap/ Finansies:

Alle bestaande lede moet asb vir my die hernuwingsvorm invul. Dit is verlede week versprei.

 Registrasiefooie kan in 3 paaiement afbetaal word met die eerste paaiement einde Januarie en die laaste paaiement einde Maart.

 Kanonkop Voortrekkers

ABSA

Tjekrekening 1450940026

Naam, van en aktiwiteit as verwysing

 Sover moontlik EFT betalings asb. R5 ekstra vir kontant transsaksies.

Groot Asb geen toonbankbetalings by die bank nie.

 3) Erkenningsbaadjies:

Van julle het my reeds gevra na die baadjies, maar dit is nie nou so krities dat hulle dit moet hê nie. Ons verstaan dat daar nou baie uitgawes vroeg in die jaar is. Die baadjies word deur ‘n privaat persoon gemaak.

 Kontak Elaine Hattingh - 083 564 3346 Brackenstraat 103 vir ‘n afspraak om die baadjie te laat maak.

Dis so tussen R100 - R130 vir ‘n baadjie.

 Die standaard stel kentekens wat op die baadjie kom, kan op ‘n Vrydagaand by Elmarie by Ontvangs bestel word.

 Groete tot Vrydagaand

 Hannalene