29 April 2010

Post date: 27-Jul-2010 15:07:01

Beste Ouers,

Ek hoor daar is kinders wat al 2 dae terug begin pak het en Vreeeeslik uitsien na die kamp. Dis altyd lekker om te hoor en ek hoop dit gaan vir hulle Baie lekker wees.

Gou vir oulaas:

Drag vir reis: Aktiewe Voortrekkerdrag ( Blou hempie en jean)

Vertrek: Kom Vrydagaand om 17:45 by die kerk bymekaar. Indeling van vervoer word daar gedoen. Onthou die medisyne in 'n sakkie!

Terug: Sondag 13:00 weer by die kerk.

Inlywing: As u vergeet het om te laat weet u wil die inlywing bywoon, is u steeds baie welkom!

Vervoerlys aangeheg: Indien u naam nie op die lys is vir vervoer nie, beteken dit ons het genoeg vervoer gehad. Laat weet my asb Dadelik as daar iewers 'n probleem is.

Onthou: Stok vir stokbrood

Die Verkenners wat Vrydagaand by Johan Doubell ingedeel is vir vervoer, ry om 19:00 van Johan se huis af