22 September 2011

Post date: 07-Feb-2012 20:27:26

1) Vrydag 23 September:

Die Voortrekkers verjaar en is hierdie jaar 'n hele 80 jaar oud! As deel van die feesvieringe wat oral plaasvind is daar 'n brandende Fakkel wat Vrydagaand van kommando tot kommando deur die Oord gaan loop. Ons oorhandiging vanaf De Kuilen kommando gaan om 18:00 plaasvind, vanwaar die fakkel dan na Bellville Oom Vossie kommando deur Johan Minnie (kommandoleier) , Mirinda Ellis (Adjunk oordleier: Admin) en die graad 11 dogters geneem gaan word.

Na hulle vertrek gaan die spanvergaderings soos gewoonlik voort.

Ons wil dus asb vra dat die kinders reeds om 17:50 by die kerk sal wees sodat ons betyds kan aantree vir die verwelkoming.

Drag:

Kinders: Voortrekker golfhempie, jean en onderbaadjie

Gr 11 dogters: Formele drag

Kommandodagbestuur: Formele drag

Offisiere: Formele drag indien julle dit verkies, anders aktiewe Voortrekkerdrag.

2) Saterdag 24 September

As deel van ons feesvieringe het ons ingeskakel by NG Kerk Heidekoppie se kindernaweek. Oud en jonk word uitgenooi om aan die dag se verrigtinge te kom deelneem. Touchies, speletjies en smullekker "te ete en te drinke".

Kanonkop is verantwoordelik om die speletjies aan te bied. Indien daar ouers is wat bereid is om te kom help met toesig op die punte vir 'n uur of 2, sal ons baie bly wees. Alle toerusting word deur ons voorsien. Ek heg 'n lys aan sodat julle kan sien wat alles aangebied gaan word. Julle kan more-aand julle name op die lys by my kom sit.

3) Nagmars/ CQ Hou Koers

Sluitingsdatum vir inskrywings: 23 September 2011

Groete

Hannalene Swart