26 Januarie 2011

Post date: 27-Jan-2011 16:29:29

Beste Ouers en Kinders

Die eerste van ons aktiwiteite is met ons.

1) Vrydagaand: 28 Januarie 2011

Waar: NG Kerk Proteahoogte

Tyd: 18:00 - 19:00

2) Potjiekos-kompetisie: 11 Februarie 2011

Ons neem elke jaar deel aan Bellville Oom Vossie-kommando se potjiekos-kompetisie en elke jaar stap ons met 'n klomp pryse weg. Dit sal seker hierdie jaar dan nou ook nie anders wees nie! Gr 0 tot Gr 2 het 'n stokbrood-kompetisie. Die kinders doen als op die terrein (onder toesig van sy offisier):  Dis nou van vuur maak tot aartappesl skil en tafel dek. Elke span besluit self watter soort pot hulle maak.

 

Laat weet solank Vrydagaand jou offisier of jy dit kan bywoon.  

Waar: Bellville Oom Vossie se spankamers ( ons sal vlg week die rigtingaanwysers stuur)

Tyd: 17:00 tot 21:00

3) Voortrekkerdrag:

My voorraad hempies is tans redelik uitgedun. Kom ons kyk Vrydagaand vir wie is daar enetjie, en vir wie ek moet bestel.

Die koste wissel so tussen R75.00 en R85.00.  

4)Ledegeld/ Werkboekies:

Graad R: R80.00

Gr 1 - gr 12: R440 pp

Ledegeld kan afbetaal word, maar moet ten volle betaal wees teen einde April.  

Die werkboekies sal ook nou met die volgende bestelling aangevra word. Dit sal aan die kind uitgedeel word sodra die eerste paaiement van R100.00 ledegeld betaal is.

5) Lede-administrasie:

Vul asb vir my die aangehegte vorm in en stuur Vrydagaand saam met u kind terug, of stuur dit per epos terug.

Groete tot Vrydagaand.

Hannalene Swart