19 Mei 2010

Post date: 27-Jul-2010 15:17:06

Beste ouers,

Ek kan dit amper nie glo nie, maar vandag het ek min om te sê.

Net so een en ander:

1) Bye -span:

Hulle sê baie dankie vir die ondersteuning met die vetkoeke. Dit word waardeer.

2) Verkenners (gr 8 - gr 12):

Inskrywings sluit Vrydagaand vir die WinterWaterwerke kamp.

3) Offisiere/ heemrade

Baie welkom aan ons nuwe offisiere en heemrade! Baie dankie vir julle bereidwilligheid.

Estelle Havenga ( graad 2 dogters)

Marlene Swart (graad 6 dogters)

Pieter van der Westhuizen

Lindy Pivalizza

Die 2 dogter-spanne het nou nigs, so help ons asb werf aan 'n yslike groot span vir hulle. Bemark ons bietjie daar by die vriende en familie.

Sien julle weer almal 18:00 Vrydagaand.

Hannalene Swart