G-L-O staan vir Gemeentelike Leierskap Onderrigting. Die G-L-O Studies wil enige iemand wat geroepe voel om geestelike leiding te neem in hulle gesinne, gemeenskappe of gemeentes met betroubare lesmateriaal te ondersteun. G-L-O gebruik Bybelstudies om persoonlike ontwikkeling te bevorder wat weer sal lei tot praktiese bediening in ander se lewens.
Onderwerp: My Begrip van die Christelike Lewe
Tema: Hoe moet ons dink en reageer oor COVID
'n Studie wat handel oor hoe mense reageer oor die COVID virus en wat ons met die entstof moet maak. Daar is soveel samesweringsteoriee vandag en ons wil daaroor gesels en dit meet aan die waarheid uit God se woord.
Sluit by ons aan elke 2de Woensdagaand om 19:30 by die onderstaande skakel.
https://meet.google.com/vby-gpwq-sag
'n Studie wat handel oor die lewenslesse wat ons uit die lewe van Moses kan leer. Volg die skakel...
'n Studie wat handel oor die Pre-Millenialistiese beskouing van die Bybel. Volg die skakel...
'n Studie wat handel oor die lewe van Jesus Christus. Volg die skakel...
Die Oorsprong van die GLO Studies
Hierdie webblad is opgedra aan ds. Marc Blackwell sr. Sonder sy visie en gehoorsaamheid aan die roepstem van die Here sal hierdie webblad nie moontlik gewees het nie.
Die GLO Studiesreeks is ontwikkel deur die geestelike leierskap van die Tygerberg Baptiste Kerk. Die lesmateriaal is enersyds verwerkte kursusmateriaal vanuit die Onafhanklike Baptiste Kweekskool (CMI) kurikulum, wat oorspronklik gebruik is in die opleiding van die gemeente se leeraar en geestelike leiers. Die lesmateriaal is andersyds studies wat die deur die leraar voorberei is.
Kontak gerus vir ds. Chris as daar enige navrae is deur 'n e-pos te stuur na cgwtbg@gmail.com