Ons gaan in hierdie sessie fokus op God se verlossing, sy grootste geskenk aan die mensdom. Daardie geskenk het deur ʼn Persoon gekom – die lewende Here Jesus Christus – en daardie Persoon is in werklikheid self God, en dit maak die geskenk van ons verlossing nog kosbaarder vir ons. Wat God se geskenk van verlossing so buitengewoon maak, is dat dit vir ons gekoop is deur die dood van God se Seun aan die kruis op Gólgota. Die geskenk van verlossing wat ons gratis kry, was dus nie gratis vir God nie. Nee, dit het Hom baie duur gekos.