In hierdie afdeling gaan ons die Bybel vra om ons antwoorde te gee op ʼn paar moeilike vrae wat aan Christene gestel word. Baie mense het vrae oor die Bybel. Sommige daarvan is ernstig, ander nie. Maar ernstige vrae verdien ernstige antwoorde, en in hierdie afdeling van die HELIOS-projekte gaan die Bybel vir ons die moeilike vrae beantwoord. Ons het nie al die antwoorde nie, slegs God het al die antwoorde; daarom raadpleeg ons die Woord van God om antwoorde op ons vrae te kry.