a) Jesus Christus liggaamlik uit die graf opgestaan het (Matt. 28:6,7; Luk. 24:39; Joh. 20:27; Rom. 4:25; 1 Kor. 15:4-8; Mark. 16:6; Luk. 24:26; Hand. 2:24-32, 3:15, 4:2);
b) Hy opgevaar het en sit aan die regterhand van God (Hand. 1:9,11; Luk. 24:51; Mark. 16:19; Heb. 10:12);
c) Hy nou ons Hoëpriester is (Heb. 4:14-16, 7:24-25, 8:6; 1 Tim. 2:5; 1 Joh. 2:1);
d) Hy op die wolke sal kom om die gelowiges te haal en hulle liggaamlik sal verander (1 Thess. 4:16-17; Hand. 1:11; Heb. 9:28; 1 Kor. 15:51-53; Fil. 3:20-21);
e) die gelowiges uit die dood sal opstaan (1 Thess. 4:16; 1 Kor. 15:42-44, 15:52);
f) die gelowiges se werk geoordeel sal word voor die regterstoel van Christus, of dit beloon moet word of nie (2 Kor. 5:10; 1 Kor. 3:11-15; Rom. 14:10; 2Tim. 4:8);
g) Jesus Christus liggaamlik sal terugkeer na die aarde en die gelowiges saam met Hom sal bring en gedurende die duisend jarige vrederyk vanaf die troon van Dawid sal regeer (Matt. 24:29-31; Luk. 1:32; Jes. 9:6, 11:1-5, 32:1; Hand. 2:29-30; 1 Kor. 15:25; Open. 20:1-6);
h) die ongelowige dood sal opstaan om geoordeel te word voor die Groot Wit Troon van God. Hulle sal volgens hulle werke geoordeel word en omdat hul name nie in die boek van die lewe is nie, sal hulle in die poel van vuur gewerp word (Open. 20:11-15; Matt. 14:30-32);
i) die Here sal ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde skep en Sy kinders sal vir ewige met Hom wees (Open. 21:1-5; 2 Pet. 3:10-13).