Die voorsiening van die Bybel, van Genesis tot Openbaring, is die grootste bydrae wat God tot die ontstaan en ontwikkeling van die mens kon maak. Die plan wat God gehad het om sy Woord deur geïnspireerde manne te laat opskryf en vertaal in die tale van die wêreld sodat dit deur alle mense gelees, gehoor en verstaan kan word, is sonder twyfel beide die behoud van die Bybel en die geskiedenis van die mensdom. Die omvattende bydrae van die Bybel in alle velde van die wetenskap en wysbegeert is buite die vermoë van die mens om te verstaan en kan ons sleg met nederigheid en dankbaarheid rig na die Bybel self. Dit is daarom belangrik vir iemand wat die Bybel wil verstaan om ‘n paar definisies te verstaan. Die doel van hierdie definisies is om die fondament te lê vir die Christen om die Bybel te verstaan.