Christene word elke dag gebombardeer met 'n groeiende hoeveelheid nuwe werklikhede wat moeilik is om te verstaan of baas te raak. Verandering in die wêreld en die kerk, is een voorbeeld van 'n nuwe werklikheid wat baie Christene nie rekening mee hou nie. Die onbybelse konstrukte van post-modernisme en pluralisme wat deur die kerk en die wêreld in die onderbewussyn van die mens inbring is 'n ander voorbeeld van 'n nuwe werklikheid wat Christene die hoof moet bied. Ons glo natuurlik dat ons stryd nie bloot teen vlees en bloed is nie, maar teen die magte van die bo-natuurlike wêreld waarin Satan 'n toonaangewende heerskappy voer. Hierdie studies is saamgestel om van hierdie bo-natuurlike vyande bekend te stel en die nuwe werklikhede wat Christene verwar te bespreek en hoe die Christen daarop kan reageer.
'n Oorsig van dit wat ons oor die wêreld en die onderskeid tussen regverdiges en goddeloses glo en hoe dit van krag sal bly totdat Jesus kom.
Ons is nie alleen in hierdie wereld nie. En ingeval jy gewonder het, ek praat ook nie van ruimtewesens nie. Wie woon dan op hierdie planeet saam met ons? Watter onsigbare wesens is oral om ons, maar word meestal nie deur ons waargeneem nie? Ek praat van engele en demone.
Ons fokuspunt in hierdie afdeling is Satan – sy karakter, sy val, sy bedrywighede in die wêreld vandag en sy toekoms. Die Bybel vertel ons so baie van Satan wat ons dikwels miskyk.
Die Nuwe Testament boek van Romeine bied 'n positiewe aanbieding van die evangelie om die geregtigheid van God in Jesus Christus reg te verstaan. Dit definieer Christenskap aan die hand van sekere sleuteltemas. Hierdie studie behoort Christene toe te rus om Christenskap beter te verstaan.
Kontak gerus vir ds. Chris as daar enige navrae is deur 'n e-pos te stuur na cgwtbg@gmail.com