Die boek van 1 Johannes het te doen met die dinamiek van ‘n ware en intieme verhouding met God die Vader. Om in gemeenskap te wees met God, is om intieme kontak te hê met die evangelie boodskap van Jesus Christus (die Woord/Logos) wat in geskrewe vorm aan ons oorgelewer is deur die Nuwe Testament apostels (Jud. 1:3). Hierdie evangelieboodskap vertel ons van ‘n persoonlike God wat deur ‘n toegepaste kennis van Sy Seun, nie net intieme kontak met ons wil maak nie, maar ons lewens wil verander om soos Sy Seun se lewe te wees. Hieronder volg 6 lesse om die leer oor ons gemeenskap met God te verduidelik.