Daar word vandag baie min oor die hemel en die hel gepreek. Teoloë ontken die feit dat hierdie fisiese plekke is waarheen mense gaan as hulle te sterwe kom. Die Bybel is egter helder oor die feit dat die hemel, net soos die hel, ‘n fisiese plek is, ‘n fisiese bestemming waarheen fisiese mense sal gaan om uiteindelik ‘n ewigheid daar te spandeer. In hierdie lesse kry die Christen ‘n kans om meer te leer oor die hemel. Nog ‘n doel is om ‘n opwindende afwagting te ontwikkel vir dit wat vir ons voorlê .
Populere wanopvattings
Baie hedendaagse teoloë ontken die letterlikheid van die hemel en beskou dit bloot as ‘n versinsel van die verbeelding (a figment of the imagination). Dit wat die Bybel egter oor die hemel openbaar, is baie meer as net ‘n versinsel van die verbeelding, dit vorm ‘n fisiese deel van al die beloftes van God oor die eindbestemming van Sy kinders.
Die Gebruik van die Woord Hemel
Die Ou en Nuwe Testamente gebruik gereeld die term hemel as ‘n fisiese plek of ruimte. woord wat gebruik word vir hemel is “shamaim”, en die Nuwe Testament woord is “ouranos”. Dit beteken basies “die hoogtes” of “dit wat daar bo is”. Leer meer hieroor.
Die Hemel en die Vader se Woning
Eerstens, sê Jesus is dit “die huis van my Vader”; dit is die plek waar Sy Vader, God is. Tweedens, beskryf Jesus dit as ‘n fisiese plek waar daar “baie wonings” is. Derdens, is dit ‘n plek wat Jesus moet gaan voorberei vir hulle om na toe te kom; Laastens verklaar Jesus dat Hy die “weg” na hierdie “huis” van Sy Vader is.