a) in die persoon Jesus Christus die enigste Seun van God die Vader;
b) dat Jesus Christus verwek is deur die Heilige Gees in die maagd Maria en gebore is op aarde sonder enige vlek of sonde;
c) dat Jesus Christus gebore is as ‘n mens volkome gelykwaardig aan die Vader in alle opsigte (Joh.10:30 & 14:9; Luk.1:35; 1 Joh.1:14);
d) dat Jesus Christus terwille van ons sondes as mens gely, gekruisig, begrawe en op die derde dag uit die dood opgestaan het, opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die Vader (Luk. 24:36-40 & 51).
a) dat die Heilige Skrif ons leer dat die redding van sondaars alleenlik en waaragtig deur God geïnisieer is en volbring is deur die onselfsugtige opoffering van Sy Seun Jesus Christus ter vergewing van alle sondes (1 Kor. 15:3,4; Matt. 18:11; Joh. 3:16);
b) dat sondes vergewe kan word deur onvoorwaardelike geloof in Jesus Christus se verlossingswerk aan die kruis en ware belydenis van sondes en nie deur goeie werke nie (Hand. 13:38-39; 16:31; Ef. 2:8-9);
c) dat Jesus Christus nie as ‘n martelaar gesterf het nie, maar dat Hy werklik en vrywillig die mensdom se sondes liggaamlik gedra het tot aan die kruis om daar te sterf vir alle sondes. Hy wat die enigste regverdige is, gesterf het vir die vergewing en redding van alle onregverdiges se sondes (Joh. 10:18; 1 Pet. 2:24; 3:18; Jes. 53:11);
d) dat Jesus Christus liggaamlik uit die dood opgestaan het en nou op Sy hemelse troon aan die regterhand van God die Vader sit en dat geen verdere bloedoffers nodig is ter vergewing van sondes nie (Heb. 10:10,12,14; 12:2; 1 Joh. 2:2);
e) dat die versoening wat deur die bloed van Jesus Christus teweeggebring is vir enige persoon beskikbaar is wat ten volle en algeheel glo en bely dat Jesus Christus die enigste verlosser en Heer is. Dit is die plegtige verantwoordelikheid van die mens om hierdie aanbod van Jesus Christus se verlossingswerk te aanvaar (Hand. 17:30; Rom. 10:8-10).