Met die Bybel as die Woord van God bedoel ons die versameling van die 66 boeke van Genesis tot Openbaring wat soos oorspronklik geskrywe, nie alleen die Woord van God bevat en weergee nie, maar in werklikheid die waaragtige Woord van God is. Dit is die enigste handleiding vir die wat alle sake rakende liturgie en leer aanbetref.
'n Basiese oorsig van wat ons glo oor die Bybel as geïnspireer deur die Heilige Gees van God, weergegee deur Geesvervulde (beheerde) mense, sodat wat hulle geskryf het volkome onfeilbaar en foutloos is – die woorde van God
Daar is twee redes wat wys dat daar ’n God moet wees. Hy is die God wat die heelal geskape het. Hy het my en jou geskape. Hy het ons geskape met daardie innerlike wete wat ons vertel dat Hy daar is, dat Hy ’n werklikheid is en dit bevestig deur ons die Bybel te gee. Maar sommige mense erken God nie as ’n werklikheid nie, omdat hulle verkies om dit nie te doen nie.
Die voorsiening van die Bybel, van Genesis tot Openbaring, is die grootste bydrae wat God tot die ontstaan en ontwikkeling van die mens kon maak. Hierdie studies verduidelik waarom.
'n Oorsig van die Openbaring van die Here van Homself en die progressiewe ontvouing van Sy verlossingsplan vir die mens.
Hierdie kursus is 'n oorsig van die Ou Testament aan die hand van die krakters wat daarin voorkom.
Die profete het volgens Hebreërs 11 gelewe in die krag en hoop van ‘n “ander” wêreld. Hulle het vir niks gestuit nie en geen moeite ontsien om hulle Here tevrede te stel en Hom alleen te dien nie. Dit is hulle lewensuitkyk om hulle oë van hulle eie probleme en genot af te haal om die Onsienlike te sien.
Kontak gerus vir ds. Chris as daar enige navrae is deur 'n e-pos te stuur na cgwtbg@gmail.com