In hierdie sessie begin ons met ʼn splinternuwe afdeling oor die mensdom. Ek vind dit baie interessant dat die Bybel ons nie net inligting oor God gee wat ons nêrens anders kan kry nie, maar ook unieke inligting oor onsself, oor my en jou, wat nêrens anders gevind kan word nie. Maar wat dan as iemand nooit die Bybel lees nie? So iemand sal nie weet wat die inligting is wat God ons oor onsself in sy Woord gee nie. En Wie ken ons beter as die Een wat ons geskape het?