Christene word nie gebore nie, maar wel weergebore. 'n Christen het nie in 'n Christelike huis grootgeword of het bloot Christen ouers nie. Christene word ook nie oornag 'n beter mens nie - dit vat tyd en moeite. Christene word gered deur die genade van God nadat hulle Jesus Christus aangeneem het in geloof. Hierdie blad ontwikkel hierdie tema verder aan die hand van sekere studies.
'n Oorsig van dit wat ons oor redding glo vir elke mens wat in sonde gebore is en met daardie sondebesef in geloof na God gaan en die Here Jesus aanvaar as persoonlike Verlosser en Saligmaker.
Ons gaan in hierdie sessie fokus op God se verlossing, sy grootste geskenk aan die mensdom. Daardie geskenk het deur ʼn Persoon gekom – die lewende Here Jesus Christus – en daardie Persoon is in werklikheid self God, en dit maak die geskenk van ons verlossing nog kosbaarder vir ons.
Hierdie is 10 lesse wat gebruik kan word vir dissipelskap van 'n nuwe Christen of as 'n Bybelstudiemateriaal vir Christene wat weer opnuut herinner moet word wat Christenskap beteken. Daarmee saam is daar ook voorstelle aan die einde van die les hoe die lesse gebruik kan word vir Sondagskool.
Hierdie 8 lesse is 'n kykie agter die skerms in die lewens van Esra en Ester. Aan die einde van die 70 jaar ballingskap het die Jode ‘n baie goeie tuiste vir hulleself geskep in Babilon. Baie van hulle was goed gevestig in besigheid en die kultuur van die Babiloniese samelewing. Om hulle te oortuig dat hulle moet terug trek vanuit hierdie gemaklike situasie om in uiters moeilike omstandighede die tempel te herbou sou iets baie dinamies gekos het. Esra en Ester het gedemonstreer dat getrouheid aan God se plan meer te doen het met God se ondersteuning as met ons eie motivering.
Kontak gerus vir ds. Chris as daar enige navrae is deur 'n e-pos te stuur na cgwtbg@gmail.com