Christene moet weet wat die waarheid is anders sal hulle te maklik die leuen glo. Dit is belangrik dat ons as Christene bly by die waarheid wat aan ons oorgelewer is deur ons Here, Jesus Christus, en sy heilige apostels. Die waarheid wat ons glo kan nie met die Bybel verskil nie en moet 100% daarmee saamstem.
'n Oorsig van wat ons oor die waarheid glo. Die Bybel is die waarheid is, heeltemal volmaak, sonder weerspreking en volkome bekwaam om die gelowige in heiligmaking en geestelike groei toe te rus.
In hierdie afdeling gaan ons die Bybel vra om ons antwoorde te gee op ʼn paar moeilike vrae wat aan Christene gestel word. Baie mense het vrae oor die Bybel. Sommige daarvan is ernstig, ander nie. Ons het nie al die antwoorde nie, slegs God het al die antwoorde; daarom raadpleeg ons die Woord van God om antwoorde op ons vrae te kry.
Dit is belangrik dat ons as Christene bly by die waarheid wat aan ons oorgelewer is deur ons Here, Jesus Christus, en sy heilige apostels. Die waarheid wat ons glo kan nie met die Bybel verskil nie en moet 100% daarmee saamstem.
In hierdie sessie begin ons ʼn hele nuwe afdeling van ons HELIOS-studies. In die vorige 14 Afdelings het ons oral die Skrif toegepas en die vraag beantwoord: “wat sê die Bybel?” In hierdie afdeling gaan ons dieselfde vraag vra, maar nou gaan ons dit toepas op wat ander glo. Dit is nie ʼn studie oor wêreldgodsdienste nie, maar fokus op dit wat ander godsdienstige mense glo. Ons wil dit wat hulle glo, vergelyk met wat ons as Christene glo.
Kontak gerus vir ds. Chris as daar enige navrae is deur 'n e-pos te stuur na cgwtbg@gmail.com