Hierdie reeks van lesse handel oor die vraag wat baie skrywers van die Bybel gereeld mee geworstel het – dit is: Wat is die mens? Job het in 7:17 hierdie vraag gevra terwyl hy deur sy beproewing gegaan het, “Wat is die mens, dat U hom so hoog stel en dat U op hom ag gee?” “Job 15:14 Wat is die mens, dat hy rein sou wees? En hy wat uit ‘n vrou gebore is, dat hy regverdig sou wees?” Dawid het die vraag in Psalm 8:5 gevra, “wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek?” In Psalm 144:3 se hy, “o HERE, wat is die mens dat U hom ken, die mensekind dat U op hom ag gee?” Wat sien God in die mens en waarom gee Hy die mens ‘n prominente plek is Sy ewigheidsplan. En waarom is God so intens besig om op die mens ag te gee? Hierdie dinge sal ons oorweeg in hierdie studiemateriaal.