Daar is net een ware lewende God wat in alle opsigte sonder weerga en perke is. Die Godheid bestaan uit die Vader, Seun en Heilige Gees. Die persoon Jesus Christus is die enigste Seun van God die Vader, verwek deur die Heilige Gees in die maagd Maria en gebore is op aarde sonder enige vlek of sonde. Jesus Christus volkome gelykwaardig aan die Vader in alle opsigte en het terwille van ons sondes as mens gely, gekruisig, begrawe en op die derde dag uit die dood opgestaan het, opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die Vader.
'n Oorsig van wat ons leer rakende die Persoon Jesus Christus die enigste Seun van God die Vader.
Hierdie sessies fokus op detail van dit wat ons glo oor God die Seun, die Here Jesus Christus. Ons glo dat Jesus God is, dat Hy hier op aarde tussen mense gelewe het en dat Hy gesterf het om die boete vir ons sonde te betaal. Jesus is die sleutel tot ons lewens en ons redding!
Baie Christene sukkel om die Ou Testament uitbeelding van Jesus te vereenselwig met die Nuwe Testament werklikheid. Die toetrede van die Messiaanse beweging skep by baie Christene ‘n verwarrende siening van die bediening van Jesus, wat dan ook hulle siening van die kerk beïnvloed.
Hierdie studie gaan stelselmatig deur die bestaan, lewe en eienskappe van die Persoon van ons Verlosser, Jesus Christus, om Hom beter te verstaan.
In hierdie reeks van lesse gaan ons die Here, Jesus Christus, van nader leer ken. Ons gaan in die besonder die rolle wat Hy, deur sy bediening as die Seun van God, in ons lewens vertolk. Hierdie rolle word in die Bybel aan ons bekend gestel deur middel van bekende voorwerpe wat ons mee vertroud is.
Kontak gerus vir ds. Chris as daar enige navrae is deur 'n e-pos te stuur na cgwtbg@gmail.com