Daar is net een ware lewende God wat in alle opsigte sonder weerga en perke is. Die Godheid bestaan uit die Vader, Seun en Heilige Gees. Die Vader is die Skepper en Heerser van hemel en aarde is en onuitspreeklik heilig en alleen waardig van alle aanbidding, vertroue en liefde is. Die persoon Jesus Christus is die enigste Seun van God die Vader, verwek deur die Heilige Gees in die maagd Maria en gebore is op aarde sonder enige vlek of sonde. Jesus Christus volkome gelykwaardig aan die Vader in alle opsigte en het terwille van ons sondes as mens gely, gekruisig, begrawe en op die derde dag uit die dood opgestaan het, opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die Vader. Die Heilige Gees is in persoon een en dieselfde Wese, Majesteit en heerlikheid is as die Vader en die Seun en dat hy ons oortuig van sonde, oordeel en geregtigheid. Hy leer ons om die Heilige Skrif, die Bybel te verstaan en daarvan te getuig.
'n Oorsig van die leerstellings wat ons oor die een ware lewende God glo, wat in alle opsigte sonder weerga en perke is.
Die Helios Reeks is Christelik Teologiese sessies wat deur dr. Woodrow Kroll wat handel oor ons geloof in Christus. In hierdie afdeling van lesse gaan ons kyk na wie God is en hoe ons weet daar 'n God is.
In hierdie sessie gaan ons kyk na net die eerste Persoon van die Heilige Drie-eenheid – God die Vader. Ons gaan spesifiek kyk na dit wat ons weet van God in sy rol as die persoon van die Vader.
Om die Godheid te verstaan, gaan ons in hierdie studie begin met die rede waarom ons die Bybel moet gebruik om God reg te verstaan
Kontak gerus vir ds. Chris as daar enige navrae is deur 'n e-pos te stuur na cgwtbg@gmail.com