Elke Christen moet weet dat hulle in geestelike stryd gewikkel is en dat konflik ‘n deel is van hierdie geestelike oorlog. Christene wat maak asof daar nie ‘n stryd is tussen God (geregtigheid) en die duiwel (ongeregtigheid) nie, sal maklik deur die vyand oorwin word. Hierdie module sal jongmense leer hoe om te weet wanneer hulle tot die stryd moet toetree.