Die Bybel leer ons as Christen 'n besonderse tipe onderskeidingsvermoë. In Filippense 1:10 word ons geleer “om die dinge waar dit op aankom, te onderskei”. Dit beteken dood eenvoudig dat ons nie alles wat ons glo onder een hooftema kan groepeer nie. Die Bybel self tref 'n onderskeid tussen die Ou en Nuwe Testament, die Jood en die Heiden. 'n Gebrek aan onderskeiding wat betref die leerstellings van die Bybel, kan lei tot onkunde en 'n wanbegrip van die Here se wil vir ons lewens. 2 Timoteus 2 weer beskryf die Christen as 'n werker:“Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as 'n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.”
Hierdie Skrifgedeelte wys ons dat daar 'n sekere manier is om die onderskeidelike dele van die Woord van die Waarheid, die Bybel, uit te lê en die onderskei van mekaar. Gevolglik kan ons hieruit aflei dat 'n mens nie 'n goeie werker kan wees sonder om die Woord van die Waarheid reg uit te lê en te verstaan nie. Enige studie in die Bybel wat die leerstelling oor die indelings in die Bybel ignoreer of oorsien, sal nutteloos of verwarrend wees. Baie Christene erken openlik dat hulle die studie van God se Woord vermoeiend vind. Hierdie studie verskaf lesmateriaal om hierdie onderkeidings te kan tref om sodoende die Bybel reg te verstaan.
In hierdie les gaan ons leer van die onderskeid wat God tussen entiteite in die Bybel tref. Hy verwag van ons om ‘n onderskeid te tref tussen verskillende mensegroepe, opdragte oor optrede, belofted, aanbiddingstyle en toekomsbestemmings.
Die Here gebruik die menslike taal om sy verlossingplan aan ons te kommunikeer. Niks wat die Here aan ons geopenbaar het is in onverstaanbare of hemelse taal nie. Die waarheid is aan ons oorgedra in amper elke taal wat daar op aarde gepraat word en meeste dialekte van die verskillende tale. Hy gebruik sleutelwoorde om die kruks van sy reddingplan soos ‘n goue draad deur die Ou en Nuwe Testamente te span, sodat ons dit maklik kan verstaan en onthou. Hierdie sleutelwoorde help ons om die goddelike verlossingplan aan ander oor te kan dra in konsepte wat hulle verstaan. Hierdie les handel oor daardie sleutelwoorde wat interpretasie en verduideliking vergemaklik.
In hierdie les gaan ons uitbrei op die tema van die Bybelse verbonde wat ons net vlugtig aangeraak het in die vorige les. God het deur middel van verbonde met sy volk gehandel. Hierdie verbonde verduidelik die Goddelike verlossingplan aan die hand van sekere manne en geleenthede. Geen verbond kon egter die gehoorsaamheid van die mens waarborg nie, maar alle verbonde waarborg die liefde en voorsienigheid van 'n genadige God.
In hierdie les gaan ons leer van die manier hoe God bestuur. Die Bybel gee ons ’n wonderlike panoramiese beeld van die geskiedenis van die mensdom vanuit God se perspektief. Die Bybel, van die Skepping (Gen. 1:1) af tot en met die nuwe Hemel en die nuwe Aarde (Openb. 21:1), kan in sewe ongelyke tydperke verdeel word. Hierdie bedelings van tyd word die οἰκονομία of dispensasies van God genoem.
In hierdie les gaan ons voort om te leer van die dispensasies van God en hoe Hy hierdie tydperke gebruik het om die mensdom te bestuur.
In hierdie les gaan ons leer wat hierdie geheime of verborgenhede is wat God bedek het, waar hierdie verborgenhede in die Bybel voorkom en wat dit vir die kerk van Jesus Christus beteken.
In hierdie les gaan ons leer hoe A-millenialisme die kerk 'n verkeerde siening ten opsigte van die Bybelse toekoms geleer het. Daar is sekere sleutelwaarhede in die les waarsonder 'n mens nie die waarde van 'n pre-milleniaslitiese beskouing van die Bybel sal besef nie.
In hierdie les gaan ons kyk na die tema van pre-millenialisme. Dit is 'n nugtere kykie na die redes waarom dit as die ware m,anier om die Bybel te interpreteer gesien kan word.