Sonde het ons hele wêreld deurdring. Die mensdom is deurdrenk met sonde. Satan het sonde laat ontstaan. ʼn Derde van die engele van die hemel het in die sonde verval. God die Heilige Gees oortuig ons van ons sonde. God die Seun het gesterf om ons van ons sonde te verlos. God die Vader haat sonde. Die Bybel vertel ons nie net wat sonde is en waar dit vandaan kom nie, maar vertel ons ook hoe om te ontsnap van die straf van ons sonde, wat die dood is. Jy sien dus dat ons in hierdie afdeling ’n baie groot area gaan dek wanneer ons oor sonde gaan praat.