Die doel van hierdie studie van die Ou Testament is om ons kennis en begrip van die Ou Testament uit te brei deur middel van ‘n studie van die hoof karakters van die Ou Testament. Hierdie kennis van die Ou Testament vorm die fondament vir begrip van die Nuwe Testament. As ons die lewens van hierdie manne bestudeer sal ons ‘n beter begrip van God ontwikkel. ‘n Vader en sy familie word op die proef gestel om ‘n nuwe volk tot stand te bring.
Die lewe van Adam, Set en Noag begin vir ons die verhaal te vertel van dit wat God met die mens wou doen. Die Here het begin om sy verlossingsplan bekend te maak deur die lewens van manne en vroue net soos ons. Daar was egter belangrike verskille tussen hulle lewens en ons sin, en dit is waaroor hierdie les gaan.
Die Sondvloed het ‘n totaal nuwe bedeling gebring, maar die hart van die mens was steeds verduister en in ‘n kort tydjie sien ons hoedat die mensdom weer in sy geheel verval het tot afgodery. Met Abraham het God egter begin om met ‘n uitgesoekte familie, die nasie Israel waarvan Abraham die hoof was, te handel.
Die lewe van Moses is in baie opsigte ‘n toonbeeld van die kompleksie werk van God se voorsiening in soms onmoontlike omstandighede. ‘n Voorbeeld hiervan is in die voorsiening wat God gemaak het vir die behoud van Moses se lewe terwyl Farao van alles baba seuns ontslae wou raak.
Oorsig: Gideon – dapper held vir God! Die tydperk waarin Gideon as ’n Rigter van Israel na vore getree het, was ‘n tyd waarin die Mideaniete en die Amalakiete verwoesting in die land gesaai het. Hierdie vyande van Israel het nie die land permanent oorgeneem nie, maar net ingekom en verwoesting gesaai en dan weer gegaan. Dit is dan ook in hierdie armsalige omstandighede met die konstante gevoelens van vrees dat die Here die skugtere Gideon besoek het om hom op te roep vir diens as rigter.
Wie is daar soos Dawid wat vir ons die hart van God kan verduidelik. Hy was ‘n man na God se hart - ‘n man met foute, maar ook ‘n man wat geweet het hoe afhanklik hy van God is. Dawid se lewe was ‘n toonbeeld van diepe afhanklikheid en opregte berou wanneer hy onder God se wil uit beweeg het.
Die Sunamitiese vrou is ’n toonbeeld van ’n dienende en gasvrye karakter en geloof (2 Kon. 4:8-13). Haar lewe illustreer die belangrike plek wat vroue inneem in die Bybel en in God se bedieningswerk aan sy woordvoerders. Die rol van vroue en veral die Sunamitiese vrou, is onontbeerlik en haar voorbeeld van diensbaarheid kan net met die van die Here Jesus vergelyk word. Daar is geen manier wat ons die Here Jesus se bereidwilligheid om homself op te offer kan verstaan as dit was vir die voorbeeld van hierdie tipe vroue nie.
Daar is nie baie informasie oor Esegiël beskikbaar nie, maar die informasie wat wel beskikbaar is bied ’n belangrike kykie in die lewe ‘n belangrike Ou Testament profeet. Die naam Esegiel beteken “die Here versterk” en was ’n baie gepaste naam aangesien hy ’n steunpilaar was vir ’n verslane volk in balingskap. Sy krag was ook nodig gewees om te werk met ’n hardkoppige en rebelse volk.