Ons glo die volgende wat die toekoms inhou. Jesus Christus staan op die punt om in die wolke neer te daal om Sy kerk te kom wegraap van hierdie aarde af nadat hulle liggaamlik verander het en verheerlikte liggame ontvang het. Jesus Christus sal dan liggaamlik terugkeer na die aarde en die gelowiges saam met Hom bring en fisies gedurende die duisendjaar vrederyk vanaf die troon van Dawid in Jerusalem regeer oor die aarde. Die Here sal na die vrederyk en wit troon oordeel ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde skep en Sy kinders sal vir ewige met Hom wees. Die volgende studie bied meer detail oor dit wat op die Christen wag.
'n Oorsig van dit wat ons glo gaan in die toekoms gebeur. Die hoofgebeurtenis is wanneer Jesus Christus liggaamlik sal terugkeer na die aarde en die gelowiges saam met Hom sal bring en gedurende die duisend jarige vrederyk vanaf die troon van Dawid sal regeer. Daarna sal die nuwe hemel en aarde deur God gevestig word.
Die toekoms begin nou. Dit beteken dat ons oor die toekoms moet dink in terme van nou of wat volgende gaan gebeur of as ons in die volgende minuut sou sterf, wat ons dan te wagte kan wees. Dit is dinge waaroor ons nie dikwels ernstig nadink nie, maar in hierdie HELIOS-sessies gaan ons wel.
Die laaste boek in die Bybel bevat ’n volledige stel onthullings of bekendmakings van Jesus Christus self. Johannes, ‘n gevangenis op die eiland Patmos, omdat hy sy geloof uitgeleef het, ontvang letterlik ‘n omvattende profetiese rekord van Jesus Christus se letterlike en goddelike voorkoms, sy strategiese oorwinning oor en beëindiging van alle ongeregtigheid en die dodelike effek wat dit op die mensdom en skepping gehad het, Sy vestiging van ware geregtigheid en die daarstelling van ‘n ewige, nuwe ryk wat vir ewig sal bestaan.
Die belangrikheid van die gebruik van gesonde beginsels van Bybel interpretasie kan nooit oorbeklemtoon word nie. Die Bybel is nie ’n verrassingspakkie waaruit alleenstaande verse geneem kan word en uit konteks vertolk word nie. Petrus vertel ons "dat geen profesie van die Skrif ‘n saak van eie uitlegging is nie" (2 Pet. 1:20). Elke Skrif moet in sy historiese en tekstuele konteks geplaas en verstaan word. Dit moet met ander Skrifte, wat oor dieselfde onderwerp handel, ooreenstem.
Daar word vandag baie min oor die hemel en die hel gepreek. Teoloë ontken die feit dat hierdie fisiese plekke is waarheen mense gaan as hulle te sterwe kom. In hierdie lesse kry die Christen ‘n kans om meer te leer oor die hemel. Nog ‘n doel is om ‘n opwindende afwagting te ontwikkel vir dit wat vir ons voorlê .
Die lewe na die graf hou wonderlike beloftes in vir elke Christen en eerder as om dit te vrees, moet ons daarna uitsien en onsself gereed kry daarvoor. Hierdie reeks lesse oor die lewe na die graf is gebaseer op die boekie, Beyond the Grave, van John Ecob van die Herald of Hope faam en hy verdien ons dank vir die helder manier waarop hy dinge vir ons uitgelê het.
Kontak gerus vir ds. Chris as daar enige navrae is deur 'n e-pos te stuur na cgwtbg@gmail.com