Die Nuwe-Testamentiese woord vir “kerk” in Grieks is ekklesia. Dit is ʼn algemene Griekse woord vir ʼn byeenkoms of groep mense wat uitgeroep word uit die menigte. Die woord ekklesia bestaan eintlik uit twee kleiner woorde: ek beteken “uit” en kaleo beteken “om te roep”. Daarom is die Kerk ʼn groep mense wat uit die menigte van die mensdom uitgeroep word, ʼn bymekaarkom van gelowiges wat apart en afsonderlik van die wêreld staan. Daar is in hierdie lesse baie meer om oor die kerk te leer.