Die gebedslewe van die Christen is ‘n belangrike deel van sy of haar lewe. Om die Christen te motiveer kan die Ou Testament gebede van manne en vroue van geloof gebruik word om ons te inspireer. Hierdie gebed is nie minder belangrik as die Nuwe Testament gebede nie, maar moet deur ‘n Nuwe Testament bril gelees word terwyl ons in gebed voor die Here gaan.