God het homself in die Bybel geopenbaar. Daar is volgens die Bybel net een ware lewende God wat in alle opsigte sonder weerga en perke is. Die God van die Bybel is een God, maar bestaan in ‘n volmaakte drie-eenheid van Vader, Seun en Heilige Gees. Om die Godheid te verstaan, gaan ons in hierdie studie begin met die rede waarom ons die Bybel moet gebruik om God reg te verstaan. Die volgende 10 lesse handel oor hierdie onderwerp.
Les 1: Ons leer God in die Bybel ken
Ons glo die Bybel soos dit oorspronklik geskryf is. Dat die Bybel geïnspireer is deur die Heilige Gees van God, weergegee deur Gees vervulde (beheerde) mense sodat wat hulle geskryf het volkome onfeilbaar en foutloos is die woorde van God (2 Tim. 3:16; 2 Pet. 1:21).
Les 2: Hoe God is
Die Bybel gebruik baie duidelike maniere om God aan ons te beskryf. Die Bybel gebruik die eienskappe van ‘n mens om die eienskappe van God aan ons te verduidelik. Alhoewel daar geen ander wese is soos God nie, kan ons Hom ken en verstaan omdat Hy Homself aan ons bekend gemaak deur middels te gebruik wat ons ken en verstaan.
Les 3: Die Name van God
Die name van God beskryf hoe Hy in die besonder homself aan die mens bekendstel – ’n tipe self-onthulling. Dit is ‘n noodsaaklike gedeelte van die spesiale openbaring van die Woord, want daarsonder sou die mens geen benul gehad het daarvan wat hy van die Godheid kan verwag nie. God sou dus altyd onpersoonlik en vaag gebly het.
Les 4: God is 'n Vader
Die mono-teistiese idee van God is die begrip van een Persoon, terwyl die Christen begrip van God in drie Persone vervat word. Die Vader is dus nie die Een God van die Bybel nie, net soos die Seun of die Gees nie die Een God van die Bybel is nie. Al drie Persone saam is die Een God van die Bybel.
Les 5: God se seun, Jesus Christus
Dit wat geleer kan word van Jesus Christus, die Seun van God, is voortspruitend en onlosmaaklik deel van die wat ons kan leer van God, die Vader. Ons gemeente se leerstellings rakende God verklaar soos volg: “...die Drie Enige Godheid bestaan uit die Vader, Seun en Heilige Gees wat in elke opsig gelyk is aan alle Goddelike volmaaktheid en in volkome eenheid saamgebind is (Matt.28:19; Joh.15:26; Ef.2:18).