a) dat daar net een ware lewende God is wat in alle opsigte sonder weerga en perke is;
b) dat Hy Skepper en Heerser van hemel en aarde is en onuitspreeklik heilig en alleen waardig van alle aanbidding, vertroue en liefde is (Openb. 4:11; Ex. 15:11 & 20:2,3);
c) in die Drie Enige Godheid wat bestaan uit die Vader, Seun en Heilige Gees wat in elke opsig gelyk is aan alle Goddelike volmaaktheid en in volkome eenheid saamgebind is (Matt.28:19; Joh.15:26; Ef.2:18).
a) Die gelowige word by bekering en geloof in Jesus Christus dadelik afgesonder tot ‘n Vader-seun verhouding met God. Hy is vrygemaak van die straf van sonde en is regverdig verklaar (1 Kor. 1:30, 6:11 ; 2 Thess. 2:13; Heb. 10:10, 14).
b) Die gelowige word afgesonder van die wêreld en sonde deur ‘n voortdurende proses van Christelike groei deur die genade van God om aan die beeld van Jesus Christus gelykvormig te word. Die gelowige is vrygemaak van die heersende mag van sonde. Hy vind oorwinning daaroor deur onderdanigheid en gehoorsaamheid aan die Woord en Gees van God. Hy stel homself tot die beskikking van God om diensbaar aan die geregtigheid te word (Joh. 17:17; Rom. 6:5-6, 11-18, 8:13, 28-29a, 12:1; 2 Kor. 7:1; Ef. 4:21-24).
c) By die verskyning van Jesus Christus met die wegraping/wegvoering van die gemeente, sal die gelowige volkome verheerlik word en vry van die teenwoordigheid van sonde wees (1 Joh. 3:2; 1 Thess. 5:23).