Met hierdie sessie begin ons ’n in-diepte studie van die derde Persoon van die Heilige Drie-eenheid. Ons noem Hom die Heilige Gees, of God die Heilige Gees, of die Gees van God. En, soos altyd, wil ons weet wat die Bybel oor die Heilige Gees sê. ’n Deeglike studie van wat die Bybel oor God die Heilige Gees leer, sal ons help om sommige van die foute te vermy wat sekere Christene in die verlede gemaak het wanneer hulle die Heilige Gees gesoek het en probeer verstaan het, maar nie die Bybel geraadpleeg het om te weet wie Hy is nie. Nog ’n rede waarom ons wil leer wat die Bybel oor die Heilige Gees te sê het, is omdat ander Christene weer sy werk in hul lewens afgeskeep of verwaarloos het. Dit is ook nie reg nie.