In hierdie sessie begin ons ʼn hele nuwe afdeling van ons HELIOS-studies. In die vorige 14 Afdelings het ons oral die Skrif toegepas en die vraag beantwoord: “wat sê die Bybel?” In hierdie afdeling gaan ons dieselfde vraag vra, maar nou gaan ons dit toepas op wat ander glo. Dit is nie ʼn studie oor wêreldgodsdienste nie, maar fokus op dit wat ander godsdienstige mense glo. Ons wil dit wat hulle glo, vergelyk met wat ons as Christene glo.