Hierdie studie gaan stelselmatig deur die lewe, lering en eienskappe van die Persoon van ons Verlosser, Jesus Christus, gaan om Hom en Sy bediening beter te verstaan. Die onderskeie fases van die werk van verlossing sal uitgelig word om die belangrikheid daarvan te bepaal. Die bemiddelende werk van Christus soos dit betrekking het op die saligheidsleer sal ‘n sentrale tema wees in hierdie studie.
Les 1: Christus voor sy menswording
In Les 1 gaan ons Jesus Christus se bestaan voor sy menswording bestudeer vanuit die Bybel en die betekenis daarvan probeer verstaan asof ons dit moet verduidelik aan ander wat dit nie glo nie.
Joh. 1:1-2 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. (2) Hy was in die begin by God.
Les 2: Die Leer van Christus as Mens
In Les 2 gaan ons Jesus Christus se menswording (vleeswording) bestudeer en verstaan wat dit vir ons beteken.
Joh 1:14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid.
Les 3: Die Geboorte, Jeug en Doop van Jesus Christus
In Les 3 gaan ons Jesus Christus toetrede tot die bedieningslewe bestudeer. Jesus het die wêreld op dieselfde manier as ons betree.
Kol. 2:9 Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik.
Les 4: Die Versoeking in die Woestyn
In Les 4 gaan ons leer hoe Jesus versoek is en hoedat daardie versoeking vir ons gemoedsrus kan gee en ons vertroue in God kan versterk.
Heb 4:15 Want ons het nie ‘n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.
Les 5: Die Verheerliking van Christus op die Berg
In Les 5 gaan ons leer wat die verheerliking van Jesus op die berg vir ons beteken en hoe Hy Sy heerlikheid in deur ons wil laat ten toonstel aan die wêreld.
2Kor. 3:18 En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.
Les 6: Die Onderwysing van Jesus Christus - Die Bergpredikasie
In Les 6 gaan ons leer wat die eerste preek van Jesus in die Bergpredikasie.
Mat 5:20 Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie.
Les 7: Die Profetiese Rede op die Olyfberg
In Les 7 gaan ons leer wat die Here Jesus aan die mense geleer het nadat hy deur die leiers van die Joodse volk as Messias verwerp is.
Matt. 24:32-35 En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is. So weet julle ook, wanneer julle ál hierdie dinge sien, dat dit naby is, voor die deur.