Ek wil jou nie bangpraat nie, maar daar is iets wat jy moet weet. Ons is nie alleen nie. Ons, as mense, mans en vrouens, is nie alleen in hierdie wêreld nie, en daarmee verwys ek nie na diere of visse nie. Ek praat van ander rasionele, persoonlike, geestelike wesens wat deur God geskape is; wesens wat nie menslik is nie. Ons is nie alleen nie. En ingeval jy gewonder het, ek praat ook nie van ruimtewesens nie. Ons is nie alleen nie. Wie woon dan op hierdie planeet saam met ons? Watter onsigbare wesens is oral om ons, maar word meestal nie deur ons waargeneem nie? Ek praat van engele en demone.