a) dat die mens in onskuld geskape was, deur sy eie vrye wil besluit het om ongehoorsaam te wees, en daardeur tot sy sondige toestand verval het (Gen. 1:27; 3; Rom. 5:12, 19);
b) dat as gevolg van die sondeval, die mens dood is in sonde deur die erfenis van Adam se sondige natuur en deur vrye keuse om te sondig en dat hy alleenlik deur wedergeboorte vernuwe kan word (Ef. 2:1-3; Rom. 3:10-13);
c) dat die mens daardeur van nature ontbreek aan die heerlikheid van God wat deur die wet vereis word, en dus neig na die kwaad (Rom. 3:11; Gal. 3:22; Ef. 2:1-3; Ps. 40:12);
d) dat die mens sonder verskoning of verdediging deur God tot ‘n ewige straf in die Hel veroordeel word waar die mens van die teenwoordigheid van God geskei sal wees (Rom. 1:19,20; 2:1, 12-15; 3:9-20, 23; Open. 20:14-15);
e) dat die mens se enigste hoop op die ewige lewe deur die verlossing van Jesus Christus is (Joh. 3:3; Hand. 4:12; Ef. 2:8-9; Gal. 3:26).
a) dat om gered te word alle mense wedergebore moet wees (Joh. 3:3; Gal. 3:26);
b) dat ‘n wedergebore persoon ‘n nuwe skepsel in Jesus Christus is (2 Kor. 5:17);
c) dat die redding van ‘n siel in ‘n oomblik gebeur en dat dit nie ‘n lang proses is nie (Joh. 3: 5-7; Hand. 16: 30-33);
d) dat deur die nuwe geboorte ons wat dood in die sonde was, deelgenote gemaak is van die goddelike natuur en die ewige lewe ontvang wat ‘n geskenk van God is (2 Pet.1:4; Rom. 6:23; Ef. 2:1,4-9; Kol. 2:13; Tit. 3:5);
e) dat die nuwe geboorte tot stand gebring is op ‘n manier wat bo alle menslike begrip is, nie deur kultuur, karakter of enigsins deur die toedoen van enige mens nie, maar alleenlik deur die krag van die Heilige Gees in samewerking met die Goddelike Waarheid om sodoende ons in staat te stel tot vrywillige gehoorsaamheid deur geloof in die Evangelie (Joh. 1:12,13; Joh. 3:8).
a) dat die Heilige Skrif ons leer dat die redding van sondaars alleenlik en waaragtig deur God geïnisieer is en volbring is deur die onselfsugtige opoffering van Sy Seun Jesus Christus ter vergewing van alle sondes (1 Kor. 15:3,4; Matt. 18:11; Joh. 3:16);
b) dat sondes vergewe kan word deur onvoorwaardelike geloof in Jesus Christus se verlossingswerk aan die kruis en ware belydenis van sondes en nie deur goeie werke nie (Hand. 13:38-39; 16:31; Ef. 2:8-9);
c) dat Jesus Christus nie as ‘n martelaar gesterf het nie, maar dat Hy werklik en vrywillig die mensdom se sondes liggaamlik gedra het tot aan die kruis om daar te sterf vir alle sondes. Hy wat die enigste regverdige is, gesterf het vir die vergewing en redding van alle onregverdiges se sondes (Joh. 10:18; 1 Pet. 2:24; 3:18; Jes. 53:11);
d) dat Jesus Christus liggaamlik uit die dood opgestaan het en nou op Sy hemelse troon aan die regterhand van God die Vader sit en dat geen verdere bloedoffers nodig is ter vergewing van sondes nie (Heb. 10:10,12,14; 12:2; 1 Joh. 2:2);
e) dat die versoening wat deur die bloed van Jesus Christus teweeggebring is vir enige persoon beskikbaar is wat ten volle en algeheel glo en bely dat Jesus Christus die enigste verlosser en Heer is. Dit is die plegtige verantwoordelikheid van die mens om hierdie aanbod van Jesus Christus se verlossingswerk te aanvaar (Hand. 17:30; Rom. 10:8-10).
a) dat elke persoon wat Jesus Christus as persoonlike Verlosser en Saligmaker aanneem, onmiddellik die ewige lewe ontvang en as seun van God aangeneem word (1 Joh. 5:11-13; 1 Joh. 1:12; Rom. 8:15-16);
b) dat die gelowiges deur die krag van God bewaar word, en ewig veilig is sonder enige menslike werke (Fil. 1:6; Ef. 2:8-10);
c) dat die gelowiges se groei tot die gelykheid van Jesus Christus (heiligmaking), God die Vader se kenmerk is waaraan die gelowiges uitgeken kan word van onegte gelowiges. (Rom. 8:28; Joh. 14:21-23; 13:34,35; Ef. 2:10; Jak. 2:14-20).