a) Die gelowige word by bekering en geloof in Jesus Christus dadelik afgesonder tot ‘n Vader-seun verhouding met God. Hy is vrygemaak van die straf van sonde en is regverdig verklaar (1 Kor. 1:30, 6:11 ; 2 Thess. 2:13; Heb. 10:10, 14).
b) Die gelowige word afgesonder van die wêreld en sonde deur ‘n voortdurende proses van Christelike groei deur die genade van God om aan die beeld van Jesus Christus gelykvormig te word. Die gelowige is vrygemaak van die heersende mag van sonde. Hy vind oorwinning daaroor deur onderdanigheid en gehoorsaamheid aan die Woord en Gees van God. Hy stel homself tot die beskikking van God om diensbaar aan die geregtigheid te word (Joh. 17:17; Rom. 6:5-6, 11-18, 8:13, 28-29a, 12:1; 2 Kor. 7:1; Ef. 4:21-24).
c) By die verskyning van Jesus Christus met die wegraping/wegvoering van die gemeente, sal die gelowige volkome verheerlik word en vry van die teenwoordigheid van sonde wees (1 Joh. 3:2; 1 Thess. 5:23).
a) dat die huwelik tussen man en vrou die plan van God is en heilig is in Sy oë (Gen. 2:18-25; Matt. 19:3-9; Ef. 5:18-32; Mal. 2: 13-16);
b) dat die rol van die man, vrou, ouer en kind duidelik in die Skrif omskryf word (Ef. 5: 21-33; Kol. 3:18-21; 1 Pet. 3:1-7);
c) dat intieme verhoudings heilig is en vervulling alleenlik binne die band van die huwelik gevind word, en verbied word buite die huweliksverhouding (1 Kor. 7:2-6; Heb. 13:4);
d) dat kinders ‘n seën van God is en dat dit die ouers se verantwoordelikheid is om hulle op te voed in liefdevolle tug en vermaning van die Here, en bewustelik te onderrig in die waarhede van God en Sy beginsels van die lewe (Ps. 127:3; Ef. 6:4; Deut. 6:6,7; Ps. 78:4-7; Spr. 22:6 en 17:6).
a) dat die regering deur God ingestel is, in belang van die mens om goeie orde te handhaaf (Rom. 13:1-7; Ex. 18:21-22);
b) dat daar vir die regering gebid moet word, dat hulle eerbiedig en gehoorsaam moet word, solank hulle nie eis dat ons ongehoorsaam aan die Here moet wees nie (Matt. 22:21; 1 Tim. 2:1-2; Tit. 3:1; 1 Pet. 2:13-14, 17; Hand. 4;19-20, 5:29; Dan. 3:17-18, 6:10-11);
c) dat die posisie en verantwoordelikhede van die gemeente en die regering nie gemeng moet word nie (Matt. 10:28, 22:21,23:10; Ps. 72:11; Fil. 2:10-11).